Aanbiedinge

Ons dienste is gemik op leerders vanaf Graad R tot Graad 6, met ouderdomsgepaste ondersteuning, verryking en ingryping oor die Grondslag- en Intermediêre Fases.

Hoe kan ons jou kind help?

By Mindtinker bied ons persoonlike leerondersteuning, skoolgereedheidstoetse, diagnostiese assesserings en individuele ingrypingsplanne aan – alles aangepas volgens elke kind se unieke behoeftes. Ons kreatiewe STEAM-verrykingsessies moedig nuuskierigheid, probleemoplossing en selfvertroue aan in ’n ondersteunende, kindgesentreerde leeromgewing.

Checklist Streamline Icon: https://streamlinehq.com

Siftingstoetse

Informele assessering wat help om vas te stel waar ’n leerder akademies tans staan. Dit identifiseer sterkpunte en moontlike leerhindernisse vroegtydig, sodat ondersteuning betyds beplan kan word.
Sudoku Streamline Icon: https://streamlinehq.com

Diagnostiese Assessering

Bied insig tot leerders se sterk- en swakpunte op konsepvlak. Doelgerigte ondersteuning en strategieë kan dan ontwikkel word sodat die leerder selfvertroue kan bou en vaardighede met sukses kan bemeester.

Science Molecule Streamline Icon: https://streamlinehq.com

STEAM Verryking

Groepsessies bied kreatiewe, praktiese leerervarings in Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese, Kuns en Wiskunde (STEAM). Leerders verken konsepte deur te bou, ontwerp, eksperimenteer — en selfs kodeer en met robotika werk — alles binne ’n prettige en samewerkende leeromgewing.

Labor Hands Action Streamline Icon: https://streamlinehq.com

Individuele L/Planne

Pasgemaakte strategieë gebaseer op jou kind se unieke leerstyl, doelwitte en tempo — ontwerp om langtermyn akademiese groei en sukses te ondersteun.
Pencil Sketch Streamline Icon: https://streamlinehq.com

Huiswerk Ondersteuning

Hulp met daaglikse skoolwerk om selfvertroue, onafhanklikheid en persoonlike studietegnieke te kweek.
Single Neutral Actions Edit 1 Streamline Icon: https://streamlinehq.com

Intervensie

Individuele of kleingroep sessies wat leergapings teiken met bewysgebaseerde beste praktyke soos die 'Science of Reading'.

Leerder Prestasies

Ons is baie opgewonde om elke maand ons uitblinkers aan te kondig vir hul besonderse prestasies!

"Wat dink ouers van MindTinker?"

Wil jy die eerste ouer wees wat op ons webblad verskyn?
#ouer
Beroep, Plek.

Onseker oor hoe ons jou kind kan help?

Kliek asseblief op die webknoppie en voltooi die Google vorm of stuur ‘n WhatsApp na +27 64 995 1091.